"Karoolug en ruimte. Staproetes deur die veld met 'n unieke
bossiegeur en rotsformasies wat jou aan kunswerke laat dink.
Stilte ineengeweef met slegs die pragsang van verskeie
voëlsoorte,
terwyl blouapies uit die doringbos nuuskierig vir jou loer.
Steenbokkies wat vroegoggend deur die silwerdou van die gras
terugkeer uit die veld en 'n springbokram wat balhorig in
die sonsondergang met sy akrobatiese kwaliteite spog,
terwyl 'n visarend se geroep vanaf die dam opklink.
Sterreprag so duidelik dit voel of jy daaraan kan raak. Hier
ontmoet jy God in die volheid van Sy skeppingsprag.
|