Nuwe Begin (Sponsored by ARK web design) * Nuwe Begin (Geborg deur ARK Webontwerp)

Nuwe Begin Christelike Bemagtiging Sentrum


As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
Johannes.8:36

 

TuisMeer oor12 ReŽlsNatuurNavraeKontak ē

 
Opgedateer: 29 Maart 2017

Soek in hierdie webwerf  

 

 

Meer oor Nuwe Begin

Nuwe Begin Christensentrum-bediening

Christelike bemagtiging is die enigste ware uitweg vir dwelm- en alkohol-afhanklikheid.
Nuwe Begin Christensentrum is op 'n pragtige plaas in die sentraal Karoo, slegs 5 km buite die dorp Beaufort-Wes geleŽ. Hier bied ons Christelike dwelmrehabilitasie en emosionele genesing aan mans van 18 jaar en ouer. Die sentrum is toegespits op dwelmrehabilitasie, maw die rehabilitasie van dwelms en alkohol.

Die sentrum het 'n huislike atmosfeer. Dis bekostigbaar, Afrikaans en daar word individuele aandag aan persone en hul probleme gegee. Hulp word primÍr in klein groepies gegee.
(12 persone maksimum).

Nuwe Begin Christelike Bemagtiging Sentrum

Jesus

Red en Genees ― Liggaam, Siel en Gees

Kliek duimnael vir groter weergawe

Nuwe Begin Sentrum bied 'n Christelike Bemagtigingskursus aan vir middel-afhanklike manlike persone wat die wil het om te verander. Ons program is 100% Christelik en word in Afrikaans aangebied. Hierdie Kursus is nie Tydgebonde nie. Langtermyn of Korttermyn - dit is u eie keuse. Ons stel 'n minimum tydperk van 4 tot 6 maande voor. Hierdie program is Inwonend. Ons neem nie meer as 12 inwoners nie, want daar word op interpersoonlike vlak met elke persoon gewerk.

Na voltooiing van die Kursusboek, word 'n sertifikaat aan die persoon uitgereik vir "Kursus voltooi in die Christelike bediening van genade", indien die persoon ook deur sy algehele gedrag daarvoor kwalifiseer.

Nuwe Begin is nie 'n militÍre, koshuis styl sentrum nie. Ons besef persone wat in middel afhanklikheid vasgevang is, is reeds menswaardig op 'n laagtepunt en hier bou ons hulle op soos Jesus sou.

Hierdie program is eie aan Nuwe Begin Christelike Bemagtiging Sentrum en dit maak van ons 'n Sentrum met 'n verskil. Die liefde van Jesus Christus word hier uitgeleef en oorgedra. Ons Kursus in die Genade Bediening is die A tot Z van vrymaking deur Jesus Christus van Middel-Afhanklikheid. 'n Beproefde program wat resultate lewer.

Nie net word die persoon hier van dwelmafhanklikheid genees nie, maar ook bemagtig om direk daarna die wÍreld as 'n geestelik en emosionele volwasse wťn-mens te betree, wat in staat sal wees om 'n leierskap-posisie in die samelewing te vervul.

   

   

 

Tuis
Meer oor
12 ReŽls
Natuur
Navrae
Kontak



 

TuisMeer oor12 ReŽlsNatuurNavraeKontak ē